
Sekuriteit by Engo Sentrum vir Bejaardes opgeknap
March 18, 2025
Heerlike Turksvy bederf van Freshmark vir ons inwoners
March 18, 2025‘n Nuwe swembad is op 6 Februarie by die Engo Sentrum vir Bejaardes ingewy. Die aanbou van die swembad area is deur ‘n weldoener aan ons Sentrum geborg waarvoor ons baie dankbaar is. Daar word nou aerobiese klasse vir fiksheid en algemene gesondheid aangebied en sodra die rolstoel inlaat voltooi is, sal daar ook terapie in die swembad aangebied kan word. Die swembad bied ook welkome ontspanning in die somer. Vir meer inligting oor bejaardesorg opsies by Engo Sentrum vir Bejaardes, skakel gerus 051 4077222 of stuur ‘n epos na info@engo.co.za

