Mense is so jonk soos hulle geloof in God, so oud soos hulle twyfel;

so jonk soos hulle selfvertroue, so oud soos hulle vrese;

so jonk soos hulle hoop, so oud soos hulle oorgawe aan die wanhoop.

– Douglas MacArthur

AANDRUS

Aandrus bied verskeie woonopsies aan wat gehuur kan word deur selfversorgende persone. Inwoners van Aandrus geniet ʼn wye verskeidenheid van dienste tot hulle beskikking

Bachelor woonstelle
Eenslaapkamer woonstel met ʼn sit/slaapkamer, badkamer en kombuisie. Hierdie woonstelle is ideaal vir onafhanklike enkellopende persone.


Eenslaapkamer woonstelle
Oopplan sitkamer en kombuis met ʼn aparte slaapkamer en badkamer. Hierdie klein woonstelle is geskik vir enkellopende selfversorgende persone bo 60-jarige ouderdom.


Eenslaapkamerhuise
Selfversorgende egpare, waarvan ten minste een of beide bo 60-jarige ouderdom is, met gemiddelde inkomste kan aansoek doen

Opgegradeerde Eenslaapkamerhuise
Selfversorgende enkellopende persoon of egpare, waarvan ten minste een of beide bo 60-jarige ouderdom is, kan hier bly. Huisies word uitgesit op ʼn vooruitbetaalde huur opsie.

Tweeslaapkamereenhede
Geskik vir selfversorgende egpare of enkellopende persone bo 60-jarige ouderdom wie maandeliks wil huur of gebruik maak van die vooruitbetaalde huur opsie.



DIENSTE

Bloemfontein Sentrum vir Bejaardes bied verskeie dienste en geriewe aan wat deur inwoners mag benodig word. Hier is ʼn lys van sommige van die dienste wat aan inwoners gebied word. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.

  • Vervoer na inkopiesentrums of mediese afsprake
  • 24 uur sekuriteitsdiens
  • ʼn Kerk op die terrein
  • Siemens telefoonstelsel
  • Internetdienste
  • Etes deur ʼn professionele spyseniersmaatskappy (Feedem)
  • Ambulans dienste van ER24
  • Biblioteek
  • Noodkrag vir versorgingseenheid
  • Eie waterstelsel
  • Instap spreekkamer met ʼn dokter, arbeidsterapeut en fisioterapeut
  • Goedgekeurde gas verskaffers wie verkope en omruil van gasbottels hanteer
  • SASSA besoeke op die terrein
  • SARS besoeke op die terrein
  • Rekreasie aktiwiteite elke dag
  • DSTV-pakette
  • Snoepwinkel
  • Haarsalon
  • Instandhouding- en tuindienste
  • IT ondersteuningsdienste
parallax background

GALLERY