Mense is so jonk soos hulle geloof in God, so oud soos hulle twyfel;
so jonk soos hulle selfvertroue, so oud soos hulle vrese;
so jonk soos hulle hoop, so oud soos hulle oorgawe aan die wanhoop.
– Douglas MacArthur
ONS TUISTE
Ons Tuiste Versorgingseenheid bied verblyf vir persone wie se gesondheid sodanig verswak het, dat hulle nie meer onafhanklik na hul eie behoeftes kan omsien nie. Inwoners van die Sentrum kry voorkeur om hier te bly. Hier is ʼn dokter, arbeidsterapeut, fisioterapeut en 14 gekwalifiseerde verpleegkundiges wie na die inwoners omsien. Hier vind jy ook Lavenderlaan, ons gespesialiseerde Demensiesorg eenheid. Kontak ons gerus vir ʼn volledige uiteensetting van kostes.
Ekonomiese kamers
Hierdie enkel- of dubbelkamers met en-suite badkamers is beskikbaar met semi- of vol versorgingsdienste.Neem asseblief kennis dat die versorging nie een-tot-een is nie, maar wel verpleegkundiges en versorgers wie 24 uur per dag beskikbaar is.
Subekonomiese kamers
Dubbelkamers met gedeelde badkamergeriewe. Hier is ook 24-uur versorging beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die versorging nie een-tot-een is nie, maar wel verpleegkundiges en versorgers wie 24 uur per dag beskikbaar is.
Woonstelle met versorging
Eenslaapkamer woonstelle met ʼn badkamer, kombuisie en leefarea wat ook semi- of vol-versorgingsdienste geniet.
DIENSTE
Bloemfontein Sentrum vir Bejaardes bied verskeie dienste en geriewe aan wat deur inwoners mag benodig word. Hier is ʼn lys van sommige van die dienste wat aan inwoners gebied word. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.
- Vervoer na inkopiesentrums of mediese afsprake
- 24 uur sekuriteitsdiens
- ʼn Kerk op die terrein
- Siemens telefoonstelsel
- Internetdienste
- Etes deur ʼn professionele spyseniersmaatskappy (Feedem)
- Ambulans dienste van ER24
- Biblioteek
- Noodkrag vir versorgingseenheid
- Eie waterstelsel
- Instap spreekkamer met ʼn dokter, arbeidsterapeut en fisioterapeut
- Goedgekeurde gas verskaffers wie verkope en omruil van gasbottels hanteer
- SASSA besoeke op die terrein
- SARS besoeke op die terrein
- Rekreasie aktiwiteite elke dag
- DSTV-pakette
- Snoepwinkel
- Haarsalon
- Instandhouding- en tuindienste
- IT ondersteuningsdienste
