Mense is so jonk soos hulle geloof in God, so oud soos hulle twyfel;

so jonk soos hulle selfvertroue, so oud soos hulle vrese;

so jonk soos hulle hoop, so oud soos hulle oorgawe aan die wanhoop.

– Douglas MacArthur

WESTERBLOEM

Westerbloem bestaan uit een-, twee-, en drieslaapkamer meenthuise wat deel is van ʼn deeltitelskema. Persone moet bo 50-jarige ouderdom wees om vir bewoning te kwalifiseer. Die groottes en grondplanne van die eenhede verskil en die eenhede kan gekoop, verhuur of gehuur word.

DIENSTE

Bloemfontein Sentrum vir Bejaardes bied verskeie dienste en geriewe aan wat deur inwoners mag benodig word. Hier is ʼn lys van sommige van die dienste wat aan inwoners gebied word. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.

  • Vervoer na inkopiesentrums of mediese afsprake
  • 24 uur sekuriteitsdiens
  • ʼn Kerk op die terrein
  • Siemens telefoonstelsel
  • Internetdienste
  • Etes deur ʼn professionele spyseniersmaatskappy (Feedem)
  • Ambulans dienste van ER24
  • Biblioteek
  • Noodkrag vir versorgingseenheid
  • Eie waterstelsel
  • Instap spreekkamer met ʼn dokter, arbeidsterapeut en fisioterapeut
  • Goedgekeurde gas verskaffers wie verkope en omruil van gasbottels hanteer
  • SASSA besoeke op die terrein
  • SARS besoeke op die terrein
  • Rekreasie aktiwiteite elke dag
  • DSTV-pakette
  • Snoepwinkel
  • Haarsalon
  • Instandhouding- en tuindienste
  • IT ondersteuningsdienste
parallax background

GALLERY