Mense is so jonk soos hulle geloof in God, so oud soos hulle twyfel;
so jonk soos hulle selfvertroue, so oud soos hulle vrese;
so jonk soos hulle hoop, so oud soos hulle oorgawe aan die wanhoop.
– Douglas MacArthur
BLOEMFONTEIN SENTRUM VIR BEJAARDES
Bloemfontein Sentrum vir Bejaardes is die grootste versorgingseenheid in die Vrystaat en een van die grootste aftreeoorde in die land. Hier verskaf ons verskillende behuisingseenhede vir bejaardes wie nog onafhanklik kan woon en bied ook puik versorging. Die opsies vir behuising bestaan uit:
Ons Tuiste
die versorgingsafdeling met ʼn spesiale afdeling vir inwoners met Demensie,
Aandrus
selfsorg eenhede, en
Westerbloem
drie deeltitel komplekse.
Met ʼn ryk geskiedenis wat strek sedert 1942, is hierdie pragtige Sentrum ʼn voorbeeld van hoe mense in ʼn gemeenskap vir bejaardes kan sorg en omgee.
DIENSTE
Bloemfontein Sentrum vir Bejaardes bied verskeie dienste en geriewe aan wat deur inwoners mag benodig word. Hier is ʼn lys van sommige van die dienste wat aan inwoners gebied word. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.
- Vervoer na inkopiesentrums of mediese afsprake
- 24 uur sekuriteitsdiens
- ʼn Kerk op die terrein
- Siemens telefoonstelsel
- Internetdienste
- Etes deur ʼn professionele spyseniersmaatskappy (Feedem)
- Ambulans dienste van ER24
- Biblioteek
- Noodkrag vir versorgingseenheid
- Eie waterstelsel
- Instap spreekkamer met ʼn dokter, arbeidsterapeut en fisioterapeut
- Goedgekeurde gas verskaffers wie verkope en omruil van gasbottels hanteer
- SASSA besoeke op die terrein
- SARS besoeke op die terrein
- Rekreasie aktiwiteite elke dag
- DSTV-pakette
- Snoepwinkel
- Haarsalon
- Instandhouding- en tuindienste
- IT ondersteuningsdienste


Kontak ons gerus vir meer inligting: